Dwergvisvanger
(Aangestuur vanaf Ispidina picta)
Die dwergvisvanger is 'n redelik algemene intra-Afrikaanse trekvoël wat leef in boomveld, savanne en kuswoud. In Suider-Afrika is dit 'n broeiende somerbesoeker in die bosveldgebiede. In Engels staan dit as die African pygmy kingfisher bekend.
Dwergvisvanger | |
---|---|
Volwassene in Kenia | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | I. picta
|
Binomiale naam | |
Ispidina picta | |
Subspesies | |
| |
verspreiding volgens IUCN
standvoël broeiende somerbesoeker | |
Sinonieme | |
|
Identifikasie
wysigDie voël is 12 cm lank en weeg 12 tot 17 gram. Dit is 'n droëgrond visvanger met besonder helder kleure. Dit is kleiner as die kuifkopvisvanger. Die wenkbroue is oranje, die gesig is grotendeels rooibruin en die oordekvere is violet getint. Die jong voël het 'n swarterige snawel en verspreide, donker snorstrepe.
Subspesies
wysigDaar is drie erkende subspesies:
- I. p. picta (Boddaert, 1783) — Senegal en Gambië tot Ethiopië en suidwaarts tot Oeganda
- I. p. ferrugina Clancey, 1984 — Guinea-Bissau tot westelike Oeganda en suidwaarts tot Angola, Zambië en noordelike Tanzanië
- I. p. natalensis (Smith, A, 1832) — suidelike Angola tot sentraal-Tanzanië, suidwaarts tot noordelike en oostelike Suid-Afrika
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7