Maak hoofkeuseskerm oop

Die kuifkopvisvanger (Alcedo cristata) is 'n algemene standvoël van Afrika.

Kuifkopvisvanger
Malachite kingfisher 3.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. cristata
Binomiale naam
Alcedo cristata
Pallas, 1764
Subspesies
Sien teks

Inhoud

IdentifikasieWysig

Dit is 'n klein visvanger, 13 tot 14 cm in lengte. Die kleur van die boonste gedeelte is 'n helder glansende blou. Die kop het 'n kort kuif soos 'n mussie bestaande uit swart en turkoois vere met 'n lang, reguit rooi bek. Jonges het swart snawels en is valer.

HabitatWysig

Kom een-een voor by stadigbewegende water van riviere en damme met oewerplantegroei, en sit laag op riete, takkies of rotse vanwaar dit visvang.

VerspreidingWysig

Wydverspreid in Afrika suid van die Sahara met uitsluiting van groot dele van die Noord-Kaap, Botswana en Namibië.

GeluidWysig

Uiter 'n skril "pieep-pieep" as dit opgejaag word. Die broeisang is "li-cha-cha-chui-chui".

SubspesiesWysig

  • A. c. christata
  • A. c. galerita
  • A. c. robertsi
  • A. c. stuartkeithi

Ander nameWysig

  • Engelse naam: Malachite kingfisher
  • Wetenskaplike naam: Alcedo cristata

Sien ookWysig