Itoeroep
Itoeroep (Russies: Остров Итуру́п, Ostrof Itoeroep[1]; Ainoe: エツ゚ヲロㇷ゚シㇼ, Etoeworop; Japannees: 択捉島, Etorofu-tō),[2] histories ook "Etrof"[3] en "Jetoroep" genoem, is een van die Koerile-eilande. Dit was voorheen bekend as "Staten-eiland".[4] Dit is die grootste en noordelikste eiland van die suidelike Koerile, en Rusland sowel as Japan maak daarop aanspraak.
Itoeroep | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Nasa-foto van Itoeroep, met die vulkaan Beroetaroebe op die suidelike punt.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Итуру́п エツ゚ヲロㇷ゚シ 択捉島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 3 139 km2 |
Lengte | 200 km |
Breedte | 27 km |
Hoogste berg | Stokap |
Hoogte | 1 634 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 7 500 (2003) |
Betwis deur | Japan |
Die eiland was sedert 1855 Japannese eiendom, tot in 1945 aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog, toe Sowjet-soldate besit geneem het van al die Koerile-eilande en Japannese bewoners uitforseer het. Die eiland word steeds deur Japan opgeëis, wat 'n terrein op Itoeroep beskou as sy noordelikste punt.
Itoeroep is naby die suidelike punt van die Koerile-argipel geleë, tussen Koenasjiri (19 km suidwes) en Oeroep (37 km noordoos). Die dorp Koerilsk, die administratiewe sentrum van Koerilski-distrik, is rofweg in die middel van die weskus geleë.
Itoeroep en Oeroep word geskei deur die Straat van Vries, genoem na die Nederlandse ontdekkingsreisiger Maarten Gerritsz Vries, sover bekend die eerste Europeër wat die gebied verken het.[5]
Verwysings
wysig- ↑ "Ostrov Iturup: Russia". Geographical Names. Besoek op 24 Februarie 2014.
- ↑ "Etorofu-tō: Russia". Geographical Names. Besoek op 24 Februarie 2014.
- ↑ Contemporary Japan, Volume 24. Foreign Affairs Association of Japan. 1956. p. 520.
- ↑ Heawood, Edward (1912). A history of geographical discovery in the seventeenth and eighteenth centuries. Cambridge: Cambridge University Press. pp. 87.
- ↑ Dutch exploration Geargiveer 25 Maart 2008 op Wayback Machine
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Itoeroep.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.