Oeroep
Oeroep (Russies: Уру́п, Oeroep; Ainoe: ウルㇷ゚, Oeroep; Japannees: 得撫島, Oeroeppu-to) is 'n onbewoonde, vulkaniese eiland in die Koerile-argipel in die suide van die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Die naam kom van die Anoe-woord vir salmforel.
Oeroep | |
---|---|
Eiland van die Koerile | |
'n Nasa-foto van Oeroep.
| |
Ligging | See van Ochotsk |
Plaaslike naam | Уру́п ウルㇷ゚ 得撫島 |
Argipel | Koerile |
Oppervlakte | 1 430 km2 |
Hoogste punt | 1 426 m |
Land | Rusland |
Deelgebied | Sachalin-oblast |
Bevolking | 0 (2010) |
Die eiland was voorheen bekend as die Geselskapseiland.[1]
Geografie
wysigOeroep is rofweg reghoekig en is op 1 430 km2 die vierde grootste eiland van die Koerile. Dit is sowat 120 km lank en 20 km breed. Die hoogste punt is die berg Iwao (1 426 m).
Die seestraat tussen Oeroep en Itoeroep is bekend as die Straat van Vries – dit is genoem na die Nederlandse ontdekkingsreisier Maarten Gerritsz Vries, die eerste Europeër sover bekend wat die gebied verken het.
Oeroep het vier groot groepe aktiewe en rustende stratovulkane.
Verwysings
wysig- ↑ Huigen, Siegfried, J.L. de Jong, en E. Kolfin. (2010). The Dutch trading companies as knowledge networks. Leiden: Brill.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oeroep.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.