Izak Coetzee
Izak Coetzee (*12 Mei 1905, Steynsburg–† 14 September 1980, Ladybrand) was ’n Afrikaanse joernalis en skrywer.
Lewe en werk
wysigIzak Jan Hendrik Coetzee is op 12 Mei 1905 op Steynsburg gebore. Op driejarige ouderdom trek hy saam met sy ouers per ossewa Vrystaat toe en na baie rondswerf gaan bly hulle in 1914 op Ladybrand in die Oos-Vrystaat. Hier ontvang hy sy skoolopleiding. Na skool begin hy op die dorp werk deur korrespondensie, vertaling en lees van drukproewe te doen. By ’n plaaslike weekblad behartig hy vir ’n tyd lank ’n gereelde rubriek onder ’n skuilnaam "Katzenellenbogen" (waarin gesiene inwoners van die dorp gehekel word) en hy skryf ook verskeie radiosketse wat sedert 1936 landwyd uitgesaai word. Hy skryf ook sketse wat onder andere in Die Vaderland en Die Suiderstem geplaas word. Hy bekommer hom oor die tekort aan gehalte Afrikaanse leesstof vir die ontspanningsmark en is dan medestigter van Vaslek (Vereniging van Afrikaanse Skrywers en Lesers vir Kultuurbevordering), waarvoor hy ook as sekretaris optree. Hulle het ’n keurkomitee wat goeie ontspanningsleesstof aanbeveel deur middel van hulle mondstuk Brug.
Skryfwerk
wysigOp skool publiseer die Ladybrandse skoolblad ’n bydrae van hom oor die Kruistogte. Van sy radiosketse word later as toneelstukkies verwerk en as Droomwolke en Kom-help-my-druppels gepubliseer. Hierdie toneelstukkies is weinig meer as anekdotes, waar die insident en beskrywing daarvan voorrang geniet en daar weinig sprake is van karakteruitbeelding.
Publikasies
wysigJaar | Publikasies |
---|---|
1938 | Droomwolke en Kom-help-my-druppels |
Bronnelys
wysigBoeke
wysig- Beukes, Gerhard J. Die moderne eenbedryf. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Vierde druk 1970
- Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
Tydskrifte en koerante
wysig- Anoniem. ‘Bende’ wil ligte leesstof help. Hoofstad, 17 Desember 1980
Wysiging aan datum van oorlye
wysig- Johan Sander Stiefseun