'n Jötunn (meervoud: jotnar; ook jotun of jǫtunn) is 'n soort wese in die Germaanse mitologie. In die Noorse mitologie word hulle dikwels gestel teenoor gode (die Ase en Wane) en ander niemenslike figure, soos dwerge en elwe, hoewel die groepe nie wedersyds eksklusief is nie. 'n Jötunn word ook ander name genoem, soos risi, þurs (of thurs) en troll indien manlik, en gýgr of tröllkona[1] indien vroulik. Jötnar kom gewoonlik voor op die grense van die gode en mense.

Die jötnar kom dikwels in Oudnoorse rekords voor, asook in die Oudengelse epiese gedig Beowulf (as eotenas). Die gebruik van die terme is dinamies, en die algemene neiging is dat hulle as negatiewer en minder indrukwekkend uitgebeeld is namate die Christendom invloedryker geword het.[2] Hoewel die woord soms as "reus" vertaal word, beskou sommige geleerdes dit as problematies omdat jötnar nie noodwendig merkbaar groot is nie.[3][4]

Verwysings

wysig
  1. "Trollkona". Old Icelandic Dictionary (in Engels). Besoek op 18 April 2022.
  2. Simek, Rudolf (2008). A Dictionary of Northern Mythology. Vertaal deur Hall, Angela. BOYE6. ISBN 9780859915137.
  3. Ásdísardóttir, Ingunn (2018). Jǫtnar in War and Peace: the Jǫtnar in Old Norse mythology: their nature and function. University of Iceland, School of Social Sciences. OCLC 1113408226.
  4. Dodds, Jeramy (2015). The poetic Edda. Toronto: Coach House Books. ISBN 978-1552452967.

Skakels

wysig