Jagielloniese-universiteit

Poolse hoëronderwysinstelling

Die Jagielloniese-universiteit (Pools: Uniwersytet Jagielloński, dikwels afgekort as UJ; historiese name: Studium Generale, Universiteit van Krakow, Krakowse Akademie, Die Hoofkroonskool, Hoofskool van Krakau) is in 1364 deur Kasimir die Grote in Kazimierz, 'n distrik van Krakau, gestig.

Jagielloniese-universiteit
Uniwersytet Jagielloński

Latyn: Universitas Jagellonica Cracoviensis
Leuse:Plus ratio quam vis
Leuse in Afrikaans:Laat rede seëvier oor krag
Leuse in Engels:Let reason prevail over force
Gestig:1364
Tipe:Openbare universiteit
Rektor:Wojciech Nowak
Studentetal:51,601 (2011)
Voorgraadse studente:46,012
Nagraadse studente:2,648
Doktorale studente:2,941
Ligging:Krakow, Pole
50°3′39″N 19°55′58″O / 50.06083°N 19.93278°O / 50.06083; 19.93278
Kampus:Stedelik
Affiliasies:European University Association, Coimbra Groep, Europaeum, Utrecht Netwerk, EAIE, International Research Universities Network
Webtuiste:uj.edu.pl

Dit is die oudste universiteit in Pole, die tweede oudste in Sentraal-Europa en ook een van die oudstes ter wêreld. Sedert 1817 dra Krakow se belangrikste tersiêre instelling die naam "Jagielloniese-universiteit", ter ere van dié beduidende Poolse dinastie.

Bekende studente sluit die sterrekundige Nicolaas Copernicus, Krzysztof Penderecki en pous Johannes Paulus II in.