Jagielloniese-universiteit
Poolse hoëronderwysinstelling
(Aangestuur vanaf Jagielloniese Universiteit)
Die Jagielloniese-universiteit (Pools: Uniwersytet Jagielloński, dikwels afgekort as UJ; historiese name: Studium Generale, Universiteit van Krakow, Krakowse Akademie, Die Hoofkroonskool, Hoofskool van Krakau) is in 1364 deur Kasimir die Grote in Kazimierz, 'n distrik van Krakau, gestig.
Jagielloniese-universiteit Uniwersytet Jagielloński | |
---|---|
Latyn: Universitas Jagellonica Cracoviensis | |
Leuse: | Plus ratio quam vis |
Leuse in Afrikaans: | Laat rede seëvier oor krag |
Leuse in Engels: | Let reason prevail over force |
Gestig: | 1364 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Rektor: | Wojciech Nowak |
Studentetal: | 51,601 (2011) |
Voorgraadse studente: | 46,012 |
Nagraadse studente: | 2,648 |
Doktorale studente: | 2,941 |
Ligging: | Krakow, Pole
50°3′39″N 19°55′58″O / 50.06083°N 19.93278°O |
Kampus: | Stedelik |
Affiliasies: | European University Association, Coimbra Groep, Europaeum, Utrecht Netwerk, EAIE, International Research Universities Network |
Webtuiste: | uj.edu.pl |
Dit is die oudste universiteit in Pole, die tweede oudste in Sentraal-Europa en ook een van die oudstes ter wêreld. Sedert 1817 dra Krakow se belangrikste tersiêre instelling die naam "Jagielloniese-universiteit", ter ere van dié beduidende Poolse dinastie.
Bekende studente sluit die sterrekundige Nicolaas Copernicus, Krzysztof Penderecki en pous Johannes Paulus II in.