Jalta
Jalta (Oekraïens en Russies: Ялта) is 'n vakansiestad aan die suidkus van die Krimskiereiland en word deur die Swartsee omring. Dit is die administratiewe sentrum van die Jaltamunisipaliteit, een van die Krim se gebiede. Jalta en die res van die Krim word internasionaal as deel van Oekraïne erken en beskou as deel van die Outonome Republiek Krim, maar is onder beheer van Rusland,[1] wat die Krim in 2014 geannekseer het en as deel van die Republiek Krim beskou. Volgens die mees onlangse sensus het die Krim 'n bevolking van 76 746.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oekraïne Rusland |
Republiek | Krim |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 283 vk km |
Hoogte bo seevlak | 40 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 76 746 |
- Bevolkingsdigtheid | 476,71/vk km |
Tydsone | MSK / UTC +4 |
Burgemeester | Serhij Brajko |
Amptelike Webwerf | yalta.com.ua yalta.rk.gov.ru |
Die stad is veral bekend omdat die Jaltakonferensie in Februarie 1945 tussen die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie hier plaasgevind het.
Verwysings
wysig- ↑ "Fictitious Annexation Follows Voting". 30 September 2022.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jalta.
- (en) Toerisme-inligting oor Jalta op Wikivoyage
- (uk) Amptelike Oekraïense webwerf
- (ru) Amptelike Russiese webwerf