James Doohan
James Montgomery Doohan (Vancouver, Brits-Columbië, 3 Maart 1920 – Redmond, Washington (Verenigde State), 20 Julie 2005) was 'n Kanadese akteur wat veral deur sy rol as ingenieur Montgomery Scott ("Scotty") in die Amerikaanse televisie-reeks Star Trek internasionale bekendheid verwerf het.
James Montgomery Doohan | |
James Doohan in 1997
| |
Geboortenaam | James Montgomery Doohan |
---|---|
Geboorte | Vancouver, Kanada | 3 Maart 1920
Sterfte | 20 Julie 2005 (op 85) Redmond, Verenigde State |
Nasionaliteit | Kanada |
Kinders | 7 |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1952–2005 |
Rolprente | Star Trek |
Doohan se gesin ly onder die alkoholisme van die vader, en in sy outobiografie Beam me up, Scotty (Straal my op, Scotty) onthul hy besonderhede van sy loopbaan as soldaat in Europa en as akteur in wetenskapsfiksie-films en -televisie-reekse. Hy beskryf ook sy pogings om van alkoholisme en die gevolge daarvan te ontvlug. Hy veg onder meer as offisier in die Tweede Wêreldoorlog en neem aan die Gealliëerde Magte se landing in Normandië deel.
Toe hy in 1966 die rol as "Scotty" in die Amerikaanse netwerk NBC se televisie-reeks Star Trek begin speel, staan hy reeds bekend as 'n gesogte akteur. In die reeks Space Command vertolk hy vir die eerste keer die rol van 'n ruimtevaarder.
In 1979 word die eerste rolprentteater-verfilming van Star Trek met Doohan as "Scotty" vertoon.
Op die ouderdom van 85 jaar beswyk James Doohan in sy huis in Redmond in die VSA-deelstaat Washington aan die gevolge van longontsteking.
Bibliografie
wysig- Autobiografie
- Doohan, James; David, Peter (1996). Beam Me Up, Scotty: Star Trek's "Scotty" in his own words. ISBN 978-0-671-52056-4.
- Wetenskapfiksie (The Flight Engineer reeks)
- Stirling, S. M.; Doohan, James (1996). The Rising. ISBN 978-0-671-87758-3.
- Stirling, S. M.; Doohan, James (1999). The Privateer. ISBN 978-0-671-57832-9.
- Stirling, S. M.; Doohan, James (2000). The Independent Command. ISBN 978-0-671-31951-9.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met James Doohan. |