Jane Duncan (akademikus)

Suid-Afrikaanse akademikus en aktivis

Jane Duncan is 'n akademikus, openbare intellektueel en aktivis aan die Departement Joernalistiek van die Universiteit van Johannesburg in Suid-Afrika.

Jane Duncan
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Alma materUniversiteit van die Witwatersrand
BeroepAkademikus (Joernalistiek en media)
WebwerfJane Duncan aan UJ

Sy het 'n Baccalaureus artium sowel as honneurs- en meestersgrade aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal en in 2007 'n doktorsgraad aan Wits se Skool vir die Kunste.[1] Haar tesis is getiteld: "Nasiebou en globalisering in die visuele kunste: 'n Gevallestudie van kunsprojekte van die Groter Johannesburg Metropolitaanse Raad"[2]

Sy het sedert die stigting in 1994 by die Instituut vir die Vryheid van Uitdrukking (IVU) in Johannesburg gewerk en was direkteur van 2001 tot middel 2009.[1][3] Sy was ook koördineerder van die IVU se voorgangerorganisasie, die Anti-sensuuraksiegroep. Sy het ook by die Funda-sentrum in Soweto gewerk en daarna in die Afrika-kultuursentrum in Newtown, Johannesburg.[1] Sy is ook die voormalige Highway Africa Chair of Media and Information Society aan Rhodes-universiteit.[1]

Sy werk aan kwessies van mediavryheid en doen navorsing oor aspekte van mediabeleid en die kruising tussen media en die inligtingsgemeenskap.[1][3]

Geselekteerde publikasies

wysig

'n Seleksie van die boeke en joernaalartikels wat sy gepubliseer het:

  • Lloyd, Libby; Duncan, Jane (Prof); Minnie, Jeanette; Bussiek, Hendrik (2010). South Africa: A Survey (PDF). Public broadcasting in Africa series. Open Society Initiative for Southern Africa. ISBN 978-1-920355-42-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 31 Oktober 2014. Besoek op 23 Oktober 2018.
  • Duncan, Jane; Seleoane, Mandla, reds. (1998). Media and Democracy in South Africa. HSRC Press. ISBN 978-0-7969-1854-3. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Duncan, Jane (14 Oktober 2014). The Rise of the Securocrats. Jacana Education. ISBN 978-1-4314-1075-0. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Duncan, Jane (2000). "Talk left, act right: what constitutes transformation in Southern African media?". Communicatio: South African Journal for Communication Theory and Research. 26 (2): 52–59. doi:10.1080/02500160008537912. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Duncan, Jane (30 Oktober 2003). "Another journalism is possible: Critical challenges for the media in South Africa" (PDF). Harold Wolpe Lecture Series. Besoek op 20 Julie 2022.
  • "Turning points in South African television policy and practice since 1990". Media Policy in a Changing Southern Africa: Critical Reflections on Media Reforms in the Global Age. UNISA Press: 39–72. 2010. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Duncan, Jane (2009). "The uses and abuses of political economy: The ANC's media policy". Transformation: Critical Perspectives on Southern Africa. 70 (1): 1–30. doi:10.1353/trn.0.0039. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  • Duncan, Jane (2016). Is South Africa reverting to a repressive state? (in Engels). academia.edu.
  • Duncan, Jane (1 Oktober 2018). Stopping the Spies: Constructing and resisting the surveillance state in South Africa (in Engels). Wits University Press. p. 312. ASIN B07SHHCL7B. [4]

Ducan het verskeie artikels vir nuusmedia en ander organisasies geskryf:

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "Rhodes University - Jane Duncan". ru.ac.za (in Engels). 25 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2015. Besoek op 30 Desember 2019.
  2. Duncan, Jane (April 2007). "Nasie bou en globaliseering in die visuele kunste: 'n Gevallestudie van kunsprojekte van die Groter Johanneburg Metropolitaanse Raad" (PDF) (in Engels). Univ. Wits. Uitgewers. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2017. Besoek op 30 Desember 2019.
  3. 3,0 3,1 Buccus, Imraan (2010). "Political tolerance on the wane in South Africa". SA Reconciliation Barometer Blog (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 30 Desember 2019.
  4. "Cellphone surveillance in South Africa – We should all be afraid". MyBroadband – Trusted in Tech (in Engels). 20 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2019. Besoek op 30 Desember 2019.

Eksterne skakels

wysig