Jaroslaf I van Kiëf
Jaroslaf I of Jaroslaf die Wyse (Russies: Ярослав Мудрый; 978 – 1054) het as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die seun van Wladimir die Heilige. Hy is in 978 gebore as die grootprins van Nowgorod.
Jaroslaf | |
---|---|
Grootprins van Kiëf | |
Seël van Jaroslaf I van Kiëf
| |
Periode | 1019–1054 |
Voorganger | Swjatopolk I |
Opvolger | Isjaslaf I |
Huis | Rjoerik |
Vrou | Irene |
Kinders | Wladimir van Nowgorod Isjaslaf I van Kiëf Swjatoslaf II van Kiëf Wsewolod I van Kiëf Igor Wjatsjeslaf Elisabeth Anastasia Anna |
Vader | Wladimir I |
Gebore | 978 |
Oorlede | 1054 |
Bynaam | Jaroslaf die Wyse |
Nadat sy pa in 1015 dood is en sy halfbroer of neef Swjatopolk I sy broers Boris en Gleb laat vermoor het, het hy teen Swjatopolk opgeruk. Die verslane Swjatopolk het na Pole gevlug. Hy het egter teruggekeer, Jaroslaf met die hulp van sy Poolse skoonpa verslaan en Kiëf in 1017 beleër. Jaroslaf het hom egter weer aangeval en verslaan. In 1019 het Jaroslaf finaal die grootprins van Kiëf geword.
Hy was getroud met Ingegerd, ’n dogter van Olaf II van Swede. Een van hul dogters, Anna, het deur haar huwelik met Hendrik I van Frankryk koningin van Frankryk geword. Nog ’n dogter, Elisabeth het met koning Harald III van Noorweë getrou.
Jaroslaf het ’n einde gebring aan die burgeroorlog in Kiëf-Roes. Hy het sy ryk beter beskerm, Kiëf versier en die kerk meer onafhanklik van Bisantium gemaak. Sonder die medewete van die Bisantynse kerk het hy Russiese priesters belangrike take in die kerk gegee. Hy het ook handelskontrakte met ander lande gesluit.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Jaroslav de Wijze
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jaroslaf I van Kiëf.