Johan le Roux (28 Oktober 1952 – 28 Januarie 1970) was 'n matriekleerling aan die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Hy is bekend vir sy heldedade gedurende die Henley on Klip-busramp. Hy was ook 'n knap Voortrekker en sou 'n Presidente-erkenning ontvang.[1]

Johan le Roux
Gebore28 Oktober 1952
Sterf28 Januarie 1970 (op 17)
Henley on Klip, Transvaal
NasionaliteitSuid-Afrika
Bekend virHeldedaad

Henley on Klip-busramp

wysig

In die namiddag van die 28 Januarie 1970 het 'n skoolbus vol kinders op die spoorlyn tussen Vereeniging en Johannesburg gaan staan. 'n Trein het die bus getref waartydens 23 kinders dood en 'n verdere 16 beseer is. Le Roux het ten minste twee kinders se lewes gered deur hulle by die busvenster uit te stoot voordat die trein die bus getref het. Hy het self in die ongeluk omgekom.[1]

Nalatenskap

wysig

Die Johan le Roux-straat in Meyerton wat verby Hoërskool Dr. Malan loop is na hom genoem.[2]

Die Woltemadedekorasie vir Dapperheid (Silwer) is in 1973 aan Johan le Roux vir dapperheid toegeken.

 
Lint vir die Woltemadedekorasie vir Dapperheid

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 https://voetjies.wordpress.com/2007/12/06/wat-is-in-n-naam/
  2. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2014. Besoek op 25 November 2015.