Henley-on-Klip (rolprent)
Henley-on-Klip is 'n Afrikaanse rolprent wat handel oor die busramp wat op 28 Januarie 1970 by die dorp Henley-on-Klip in Gauteng, Suid-Afrika plaasgevind het. Die film is gemaak om die gebeure in herinnering te roep.[1]
Henley-on-Klip | |
---|---|
Regisseur | Marguelette Louw |
Draaiboek | Marelize Engelbrecht |
Met | Philip Nolte |
Uitgereik | 2010 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Genre
wysigDit is 'n dokumentêr oor die busramp wat die gemeenskap op 28 Januarie 1970 getref het toe 23 leerlinge van die Hoërskool Dr Malan in die ongeluk gesterf het.
Hoofrolspelers
wysig- Philip Nolte
- Heinrich Löhrke
Storielyn
wysigJohan le Roux, destyds 'n matriekseun, het die Wolraad Woltemade-toekenning ontvang vir sy heldedaad gedurende die insident en sy storie vorm die kern van die film. Die busramp is 'n vergete deel van Suid-Afrika en Meyerton se geskiedenis en baie inwoners van die omgewing het vriende of familie wat deur die ramp geraak is. Dit is juis daarom dat hierdie storie met sensitiwiteit en empatie hanteer word.
Die film is 'n drama gebaseer op werklike gebeure, en fokus op vyf van die gesinne wat geraak is deur die ramp. Hierdie film sal verseker dat die gebeure van daardie dag nie vergeet word nie, en dit vertel die verhaal van 'n tragiese gebeurtenis wat 'n Afrikaanse gemeenskap saamgesnoer het in hul tyd van nood.
Intense navorsing oor die busramp is gedoen en Johan le Roux se familie was baie nou betrokke by die vervaardiging van die film.
Die draaiboek van die film is geskryf deur Marelize Engelbrecht, 'n professionele draaiboekskrywer en aktrise. Die regisseur was Marguelette Louw.
Die fliek is vervaardig deur L3 Productions; Heinrich Löhrke, Hannes Loock en Marguelette Louw.
Sien ook
wysig- Lys van Afrikaanse rolprente
- Henley-on-Klip, die dorp
Verwysings
wysig- ↑ ’n Roudiens en ‘die lewe gaan aan’ Geargiveer 4 Maart 2014 op Wayback Machine, Beeld, 1 Februarie 2010