Henley on Klip
Henley on Klip is 'n nedersetting in Gauteng, Suid-Afrika. Die dorpie is net noordoos van Meyerton langs die Kliprivier geleë. Die "Bass Lake" in Henley-on-Klip is 'n gewilde bestemming vir skubaduikers.
Henley on Klip | |
---|---|
Dorp | |
Naambord voor die dorp | |
Koördinate: 26°32′7″S 28°3′40″O / 26.53528°S 28.06111°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Distrik | Sedibeng |
Munisipaliteit | Midvaal |
Stigting | 1904 |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,37 km2 (4,39 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 874 |
• Digtheid | 517/km2 (1 340/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 55.6% |
• Indiërs/Asiërs | 1.5% |
• Bruin mense | 2.4% |
• Swart mense | 40.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Engels | 41.9% |
• Afrikaans | 27.9% |
• Zoeloe | 9.8% |
• Sotho | 7.8% |
• Ander | 12.6% |
Poskode (strate) | 1961 |
Poskode (posbusse) | 1962 |
Skakelkode | 016 |
Geskiedenis
wysigDie dorp is in 1904 gestig, deur advokaat Horace Kent. Kent is in 1855 in Henley on Thames, Engeland, gebore en het in 1898 na Suid-Afrika gekom. Die gebied waar Henley-on-Klip geleë is, het Kent aan sy tuisdorp herinner. In samewerking met die Small Farms Company (SFC) het Kent die grond van 410 morg (346 ha) in 1903 gekoop van ene mnr. C.J. van Der Westhuizen, vir 'n prys van 5000 pond.
In 1904 het die Small Farms Company besluit om die Kliprivier op te dam sodat regattas op die rivier gehou kan word. Die konstruksie van 'n keerwal op die rivier het in Januarie 1904 begin, en in Maart 1905 is die wal voltooi.
Die Henley on Klip Hotel is in 1904 gebou en op 24 Mei 1905 vir die publiek geopen. Die Henley-roeiklub en die Henley-gholfbaan is ook in hierdie tyd gebou. Die gholfbaan is aan beide kante van die rivier uitgelê, en spelers moes die rivier per boot oorsteek. Roeibote is beskikbaar gestel, en 'n opsigter is aangestel om die roeibote aan die publiek uit te verhuur.
1970 Busramp
wysigOp 28 Januarie 1970 het 'n skoolbus op die spoorlyn gaan staan en is deur 'n postrein in stukke geruk. Van die 42 kinders op die bus is 23 dood en 16 ernstig beseer. Twee het ongedeerd daarvan afgekom. Die busbestuurder, ene mnr. Koekemoer, is nie beseer nie.[2] Johan le Roux, 'n matriek leerling by Hoërskool Dr Malan, het ten minste twee kinders deur 'n busvenster gestoot voordat die trein die staande bus getref het en het self in ongeluk gesterf.
Fotogalery
wysig-
Grafte van Horace Kent, stigter van Henley on Klip, sy vrou, Elizabeth Kent, en hulle dogter, Doris Kent. Die grafte is by die St. Paul's Kerk geleë.
-
Die Kliprivier by Henley-on-Klip.
-
Die "Kidson Weir" by Henley-on-Klip.
-
Die "Kidson Weir" oorstroom.
-
Die Henley-loslappies.
-
Oprah Winfrey se "Leadership Academy for Girls" te Henley-on-Klip.
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Henley on Klip. |
- Henley-on-Klip, rolprent oor busongeluk wat hier plaasgevind het
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
wysig- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Van Eck, Koos (2010) A River runs through: A history of Henley on Klip. Vanderbijlpark: Corals Publishers, ISBN 978-0-9814389-7-9
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Subplek Henley-on-Klip tydens die 2011-sensus.
- ↑ ’n Roudiens en ‘die lewe gaan aan’ Geargiveer 4 Maart 2014 op Wayback Machine, Beeld, 1 Februarie 2010