Johannes de Villiers

Suid-Afrikaanse skrywer

Johannes de Villiers is ’n Afrikaanse skrywer oor bewustelikheid (“mindfulness”), meditasie en positiewe sielkunde.

Johannes de Villiers
Gebore(1976-07-05)5 Julie 1976
BeroepJoernalis, skrywer, meditasie-leier, joga instrukteur
Webwerfblydskap.com

Lewe en werk

wysig

Johannes Bertus de Villiers is op 5 Julie 1976 gebore. Hy het op Beaufort-Wes en die Paarl grootgeword. Van 1996 af studeer hy aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy in 1998-'99 B.A.- en B.A. honneurs-grade in joernalistiek en in 2008 'n M.A.-graad in antieke studies verwerf. Hy verwerf ook in 2000 ’n honneursgraad in Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy werk sedert 2001 as joernalis, eers by Rapport en Die Burger, en uiteindelik by Huisgenoot[1][2][3][4][5], waar hy tans as herskrywer werksaam is. Hy het ook in 2013 en 2014 die Rykie van Reenen-leerstoel aan die Universiteit Stellenbosch se departement joernalistiek beklee.

Sedert 2001 is hy ’n student van Heila Downey, Zenmeester van die Robertson Dharma-sentrum, onder wie hy meditasie en bewustheid (“mindfulness”) studeer. In 2017 bekragtig Downey De Villiers se status as meditasie-instrukteur in die tradisie van Kwan Um Zen en die Koreaanse leermeester Seungsahn. Hy ondergaan oor die jare verdere opleiding in Mianmar, waar hy in 2002 ’n maand in ’n klooster deurbring, en die VSA, waar hy onder Jules Shuzen Harris en Roshi Bodin Kjolhede studeer en besinning doen. Hy woon in Bloemfontein, en bied landwyd slypskole en besinning aan met ’n fokus op meditasie, positiewe sielkunde en emosionele weerbaarheid.

Skryfwerk

wysig

Sy eerste twee boeke, Agter die Somber Gordyn (2011) en Die Einde van die Wêreld (2012), gaan oor spookstories en doemprofesieë.[6]

Hy is egter meer bekend vir sy drieluikboeke oor bewustheid – Kalmte in die malle gejaag (2018)[7], Blydskap (2020)[8] en Meer as jou seerkry (2022)[9][10], wat al drie deur Tafelberg uitgegee is. Dié boeke kombineer ’n oorsig oor die teorie en wetenskap van meditasie en bewustheid, met praktiese wenke en die verhale van mense wat persoonlike uitdagings moes trotseer.

Dié boeke gee aanleiding tot ’n reeks slypskole wat hy van 2023 af landwyd oor bewustheid en blydskap aanbied. Sedert 2022 bied hy ook Die Blydskapnavorser op RSG aan, ’n insetsel op die oggendradioprogram Alhoebekker.[11][12]

Publikasies

wysig
Jaar Boektitel Uitgewer
2010 Agter die somber gordyn Griffel Media
2012 Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef Tafelberg
2018 Kalmte in die malle gejaag Tafelberg
2020 Blydskap Tafelberg
2022 Meer as jou seerkry Tafelberg

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. De Villiers, Johannes (17 November 2016). "Boelies en Bleeksiele: In die ongelyke baklei tussen dié twee groepe bring boeke die balans". Huisgenoot.
  2. De Villiers, Johannes (5 Mei 2022). "Platgeslaan deur verdriet, verlies en trauma: So kan jy uit jou swaarkry herrys". Huisgenoot.
  3. De Villiers, Johannes (26 Januarie 2023). "Die skrywer Johannes de Villiers deel sy leesvoorneme vir die nuwe jaar". Huisgenoot.
  4. De Villiers, Johannes (29 Desember 2023). "Kenner se raad: Só stel jy in die nuwe jaar bereikbare doelwitte wat vreugde bring". Huisgenoot.
  5. De Villiers, Johannes (3 Augustus 2024). "Proust met Johannes de Villiers". Netwerk24.
  6. Fitzpatrick, Marida (11 Augustus 2012). "Normaal? Paranormaal…". By.
  7. Schoeman, Leroux (25 April 2018). "Die evangelie van Johannes: Word Wakker!". Netwerk24.
  8. Van der Merwe, Elna (9 April 2020). "Dié Afrikaanse boek wys hoe jy gelukkiger kan wees". Huisgenoot.
  9. Hugo, Trisa (17 April 2022). "Post-traumatiese groei: Natuurlik is daar so iets". Rapport.
  10. Van der Merwe, Elna (20 Mei 2022). "Johannes de Villiers gesels oor sy boek, 'Meer as jou seerkry'". Huisgenoot.
  11. Spies du Plessis, Amanda (13 Maart 2023). "Verryk jou lewe met blydskap". Amanda Skrywer rubriek.
  12. Burgess, Annaliese (28 Julie 2023). "Happiness researcher: 'Everyone was just so broken'". Vrye Weekblad.

Eksterne skakels

wysig