John Langalibalele Dube
(Aangestuur vanaf John Dube)
John Langalibalele Dube (* 22 Februarie 1871; † 11 Februarie 1946) was 'n Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter. Hy was die stigterspresident van die South African Native National Congress (SANNC), 'n politieke swart beweging waaruit in 1923 die African National Congress (ANC) voortgespruit het. Dube het tussen 1912 en 1917 as SANNC-president gefungeer.
John Langalibalele Dube | |
---|---|
John Langalibalele Dube, omtrent 1910 | |
Gebore | 22 Februarie 1871 |
Sterf | 11 Februarie 1946 (op 74) Durban, Natal |
Beroep | essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter |
Bekend vir | Stigterspresident van die South African Native National Congress |
Termyn | 1912–1917 |
Eggenoot | Angelina Dube |
Kinders | Nomagugu, Joan Lulu, James Sipho en Douglas Sobanto |
Fotogalery
wysig-
Die South African Native National Congress se delegasie in Londen, Junie 1914. Van links tot regs: Thomas Mapike, eerw. Walter Rubusana, eerw. John Dube, Saul Msane, Sol Plaatje.
-
John en Angelina Dube met (van links tot regs) Nomagugu, Joan Lulu, James Sipho en Douglas Sobanto, 1930's.