John Lewis & Partners

(Aangestuur vanaf John Lewis (afdelingswinkel))

John Lewis & Partners is 'n afdelingswinkelketting wat winkels dwarsoor Groot-Brittanje bedryf. Die onderneming, wat na sy stigter genoem is, is in besit van John Lewis Partnership - 'n maatskappy wat saam met die eerste winkel teen die middel van die 19de eeu gestig is.

John Lewis & Partners

Tipe Dogtermaatskappy
Gestig 1864 in Londen, Engeland
Hoofkantoor Londen, EngelandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersonePaula Nickolds (besturende direkteur); opvolger vanaf Augustus 2020: Pippa Wicks[1]
John Lewis & John Spedan Lewis
Gebied bedienVK sonder Noord-Ierland
IndustrieHandelsbedryf
ProdukteKleding, kosmetika, huishoudelike voorwerpe, verbruikerselektronika
Inkomste£4,06 miljard (2013)
Bedryfsinkomste£226 miljoen (2011)
Werknemers38 100
MoedermaatskappyJohn Lewis Partnership
SlagspreukNever Knowingly Undersold
Webwerfjohnlewis.com

Die eerste John Lewis-winkel het sy deure in 1864 in Londen se tradisionele winkelstraat Oxford Street geopen. Die ketting se slagspreuk - Never Knowingly Undersold - word reeds sedert 1925 gebruik.

Tans bedryf die onderneming 45 winkels in Engeland, Skotland en Wallis, waaronder elf sogenaamde At Home-winkels (wat hulle tot bepaalde afdelings beperk) en 'n "buigbare-formaat-winkel" in Exeter. Die John Lewis-afdelingswinkel in Birmingham is die grootste wat buite Londen bedryf word. Planne om die onderneming se bedrywighede na Sprucefield in Lisburn, Noord-Ierland uit te brei is tans nog nie verwesenlik nie.

Verwysings

wysig