Jordin Sparks
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Jordin Brianna Sparks (gebore 22 Desember, 1989 te Staten-eiland, New York[1]) is 'n Amerikaanse sanger. Sy is as die wenner van die sesde seisoen van die realiteitsreeks American Idol op 24 Mei 2007, rondom 04:00 SAST, aangewys. Op die ouderdom van 17 maak dit haar die jongste wenner van die Idol-titel in die geskiedenis van American Idol. Sy is ook die enigste wenner wat van die Suidweste afkomstig is en nie van die tradisionele Amerikaanse Suide nie.
Jordin Sparks | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jordin Brianna Sparks |
Gebore | 22 Desember 1989 Staten-eiland, New York |
Genres | Christelik Gospel Pop R&B |
Beroep(e) | Student Sanger |
Jare aktief | 2003 - hede |
Etikette | Arista Records (2007-) |
Webwerf | http://www.jordinsparks.com |
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2007. Besoek op 24 Mei 2007.