KV59
KV59 is 'n ongebruikte grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit lê tussen KV37 en KV26, en oorkant KV31.
KV59 | ||
Ongebruikte grafkelder | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | Onbekend | |
Uitgrawings deur | Howard Carter? Universiteit van Basel (2010-'11) | |
Versiering | Onversier | |
← Vorige KV58 Volgende →
KV60 |
Dit is nie bekend wanneer en deur wie dit ontdek is nie. Uitgrawings is in 2010-'11 deur die Universiteit van Basel gedoen.
Ligging en uitgrawings
wysigKV59 is noord van KV37[1] en KV26 en oorkant KV31 geleë in die syvallei wat na die grafkelder van Toetmoses III (KV34) lei. Dit is nie bekend wanneer en deur wie dit ontdek is nie.[2] Dit is dalk die eerste keer deur Howard Carter verken.[3] Die ligging is deur die Theban Mapping Project aangeteken, maar die terrein is verloor. Die ingang is herontdek twee meter onder die moderne grondvlak.[3]
Uitgrawings is in 2010 en 2011 deur die Universiteit van Basel gedoen. Die skag, wat met puin bedek was, is skoongemaak. Dit het uitgeloop in 'n kamer met sediment wat verskeie kere deur vloede ingespoel is. Die grafkelder het 'n paar stukke erdeware bevat. Daar is geen tekens dat dit ooit vir 'n begrafnis gebruik is nie.
Verwysings
wysig- ↑ Reeves & Wilkinson 1996, p. 187.
- ↑ Bickel, Paulin-Grothe & Alsheimer 2011, pp. 1–2.
- ↑ 3,0 3,1 Bickel 2010, p. 2.
Bronne
wysig- Bickel, Suzanne (2010). "Preliminary Report on the Work Carried out During the Season 2010" (PDF). University of Basel. University of Basel Kings' Valley Project. Besoek op 20 April 2023.
- Bickel, Suzanne; Paulin-Grothe, Elina; Alsheimer, Tanja (2011). "Preliminary Report on the Work Carried out During the Season 2011" (PDF). University of Basel. University of Basel Kings' Valley Project. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 28 November 2021.
- Reeves, Nicholas; Wilkinson, Richard H. (1996). The Complete Valley of the Kings: Tombs and Treasures of Egypt's Greatest Pharaohs (2010 paperback uitg.). London: Thames and Hudson. ISBN 978-0-500-28403-2. Besoek op 22 April 2023.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.