Kaaimansblom
Die kaaimansblom (Nymphaea nouchali var. caerulea), ook bekend as die Kaapse blouwaterlelie is inheems aan Suider-Afrika en 'n waterplant met drywende blare en dik wortelstokke in modder. Die Suid-Afrikaanse spesies het net blou of pers blomme. Die plant is baie skaars en word aangetref in permanente vleie in die Wes-Kaap, vanaf Piketberg tot by Bredasdorp. Die plant het uitgesterf in die Kaapse Skiereiland.
Kaaimansblom | |
---|---|
Nymphaea capensis te Kovalam strand. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. Nymphaea nouchali var. caerulea
|
Binomiale naam | |
Nymphaea nouchali var. caerulea Burm.f. (Sav.) Verdc.
| |
Sinonieme | |
|
Bronne
wysig- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
- PZA Sanbi