Kaapse oester
Die Kaapse oester (Striostrea margaritacea) is oester wat in die suid- en ooskus van Suid-Afrika voorkom. Die oester is groot en swaar. Die onderste klep is koppievormig, met baie lae wat aan die rots vasheg. Die boonste klep is dun en plat. Die tweekleppige dier kom voor in die tussengetysone in rotsagtige gebiede. Dit is ook 'n gewilde gereg.
Kaapse oester | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. margaritacea
|
Binomiale naam | |
Striostrea margaritacea (Lamarck, 1819)
|
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0