Kaapverdiese Tyd
Kaapverdiese Tyd (Engels: Cape Verde Time, of CVT) is 'n tydsone wat een uur agter Gekoördineerde Universele Tyd is (met ander woorde UTC-1). Die tydsone word in die eilandnasie van die Kaap Verde gebruik, wat in die Atlantiese Oseaan geleë is.
swart | UTC-1: Kaapverdiese Tyd. |
groen | UTC+0: Wes-Europese Tyd · Greenwichtyd. |
blou | UTC+1: Middel-Europese Tyd · Wes-Afrika Tyd. |
rooi | UTC+2: Middel-Europese Somertyd · Oos-Europese Tyd · Sentraal-Afrika Tyd · Wes-Afrika Somertyd · Suid-Afrikaanse Standaardtyd. |
geel | UTC+3: Oos-Europese Somertyd · Oos-Afrika Tyd. |
grys | UTC+4: Mauritiustyd · Seychelletyd. |
Somertyd word nie in die tydsone waargeneem nie.