Oos-Afrika Tyd
Oos-Afrika Tyd of OAT (Engels: East Africa Time; EAT) is 'n tydsone wat drie ure voor Gekoördineerde Universele Tyd is (met ander woorde UTC+3). 'n Groot aantal lande in die ooste van Afrika val in die tydsone. Die tydsone kom ooreen met Moskoutyd en Oos-Europese Somertyd.
swart | UTC-1: Kaapverdiese Tyd. |
groen | UTC+0: Wes-Europese Tyd · Greenwichtyd. |
blou | UTC+1: Middel-Europese Tyd · Wes-Afrika Tyd. |
rooi | UTC+2: Middel-Europese Somertyd · Oos-Europese Tyd · Sentraal-Afrika Tyd · Wes-Afrika Somertyd · Suid-Afrikaanse Standaardtyd. |
geel | UTC+3: Oos-Europese Somertyd · Oos-Afrika Tyd. |
grys | UTC+4: Mauritiustyd · Seychelletyd. |
Vanweë hierdie lande se ligging naby die ewenaar is daar nie 'n groot verandering in die daglengte nie en dus word somertyd nie waargeneem nie. Die teoretiese sone van Oos-Afrika Tyd loop van 37,5° oosterlengte tot 52,5° oosterlengte.
Lande wat Oos-Afrika Tyd gebruik: