Kaliumheksachloroplatinaat
chemiese verbinding
Kaliumheksachloroplatinaat is 'n sout van kalium met heksachloroplatinasuur wat platinum in sy 4+ oksidasietoestand bevat. Dit het die chemiese formule K2PtCl6.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumheksachloroplatinaat |
Chemiese formule | K2PtCl6 |
Molêre massa | 485,99[g/mol][1] |
CAS-nommer | 16921-30-5[1] |
Voorkoms | geel vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=972,5pm; [2] |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | J1₁ |
Smeltpunt | ~ 250 °C[1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 3,5 [g/cm]3[1] |
Oplosbaarheid | sleg oplosbaar; 11 [g/L] |
Ksp | 7,48 x 10-6[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigKaliumheksachloroplatinaat kristalliseer i 'n kubiese struktuur wat die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se J11 is. Die struktuur kan van die (anti)-fluoriet-struktuur (C1) afgelei word deur die kalsiumione te vervang deur oktaëdriese PtCl62--ione.
Produksie
wysigDie sout kan verkry word deur platinum in aqua regia op te los en met kaliumhidroksied te neutraliseer.
Gebruike
wysigVanweë sy slegte oplosbaarheid is die sout soms gebruik om kaliumkonsentrasies te bepaal.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Potassium hexachloroplatinate". Sigma Aldrich NIH.
- ↑ "K2PtCl6 (J11) Structure: A6B2C_cF36_225_e_c_a". Aflow.
- ↑ "Ksp list". solubility of things.