Kaliumoksied
Kaliumoksied is 'n verbinding van kalium met suurstof met formule K2O.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kaliumoksied |
Sistematiese naam | Kaliumoksied |
Chemiese formule | K2O |
Molêre massa | 94,93 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 12136-45-7[1] |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=644,9 pm[2] |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | C1 |
Smeltpunt | 1013K[3] |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | (reageer met water) |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Kristalstruktuur
wysigKaliumoksied kristalliseer in die kubiese antifluorietstruktuur.[2] (C1 in die Strukturbericht-klassifikasie).
Eienskappe
wysigAntifluorietstrukture kan vinnigeioongeleiding vertoon en dit verklaar die belangstelling van sommige navorsers. Alkalimetaaloksiede is nogtans moeilik te berei. Kaliumoksied is 'n halfgeleier met 'n indirekte bandgaping.[4]
Kaliumoksied is baie higroskopies en blootgestel aan die vogtige lug vervloei dit en vorm kaliumhidroksied. Die oksied is moeilik deur verbranding van die metaal suiwer te berei omdat gewoonlik ook geelbruinerige kaliumsuperoksied K2O2 gevorm word. 'n Ander reaksie gaan uit van kaliumhidroksied en kaliummetaal:[5]
Daar word min met hierdie stof self gewerk, maar in die landbou en industrie word dikwels gepraat oor die %K2O in kaliumhoudende stowwe soos kunsmis teenwoordig is. Dit verwys na kalium in gebonde staat wat in %K2O uitgedruk word. Dit verwys gewoonlik nie na die oksied self nie.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "safety data sheet". Besoek op 8 Augustus 2023.
- ↑ 2,0 2,1 V. P. Saleel Ahammad Saleel, V. P. Saleel Ahammad Saleel, Eithiraj R-D, R. D. Eithiraja (2017). "Vacancy formation energy in K2O". VIT. doi:10.1063/1.5028991.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Sossi, Paolo A. and Fegley, Bruce (2019). "11. Thermodynamics of Element Volatility and its Application to Planetary Processes". In: High Temperature Gas-Solid Reactions in Earth and Planetary Processes. Berlin, Boston: De Gruyter. pp. 393–460. doi:10.1515/rmg.2018.84.11.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ R.D. Eithiraj, G. Jaiganesh, G. Kalpana (2007). "Electronic structure and ground-state properties of alkali-metal oxides–Li2O, Na2O, K2O and Rb2O: A first-principles study". Physica B: Condensed Matter. 396 (1–2): 124–131. doi:10.1016/j.physb.2007.03.024.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Roscoe, J.D. van der Plaats (1903). Roscoe's beknopt leerboek der scheikunde. Van Broekhoven.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)