Kaliumtiosianaat

chemiese verbinding

Kaliumtiosianaat of soms kaliumrodanaat is 'n sout van kalium en tiosiaansuur (HSCN).

Eienskappe

Algemeen

Naam Kaliumtiosianaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule KSCN
Molêre massa 97,18 [g/mol][1]
CAS-nommer 333-20-0[1]  
Voorkoms kleurlose kristalle[1]
Fasegedrag  
Selkonstantes 666pm; 663,5pm; 758pm [2]  
Ruimtegroep Pbcm 
Nommer 57  
Strukturbericht F5₉
Smeltpunt 173 °C[1]
Kookpunt (ontbind) 500 °C[1]
Digtheid 1,9 [g/cm3[1]
Oplosbaarheid oplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
LD50 854 [mg/kg] (oraal; rot) 594 [mg/kg] (oraal; muis)[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Die stof is higroskopies en vervloei maklik in vogtige lug.[1]

Kristalstruktuur

wysig

Kaliumtiosianaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die F59-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die struktuur bevat lineêre tiosianaatione (SCN).

Chemiese eienskappe

wysig

Kaliumtiosianaat word gevorm as swael in gesmelte kaliumsianied opgelos word.[3]

 

Gebruike

wysig

Dit word as reagens in die analitiese chemie, as korrosie-inhibeerder in die waterbehandelingsindustrie, as 'n intermediêre in die vervaardiging van plaagdoders in die landbou, as sensibiliseerder en stabiliseerder in die fotografiese industrie, en vir die ontginning van hafnium, sirkonium, torium en seldsame aardes in die metallurgie gebruik.[4]

Oplossings van kaliumtiosianaat word gebruik in die titrasie volgens Volhard wat gebruik word om die konsentrasie van chloriedione met silwer te bepaal. Silwerisosianaat gee 'n kleurlose neerslag, byvoeging van 'n klein hoeveelheid yster as 'n aanduider gee 'n dieprooi kleur.[5]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "Potassium thiocyanate". PubChem.
  2. "KSCN". atomic scale physics.
  3. A.F. Holleman (1918). Practische oefeningen in de Organische chemie. Wolters.
  4. "Potassium thiocyanate". Nouryon.
  5. Reinhard Matissek · Markus Fischer (2018). Lebensmittelanalytik. Springer Spektrum. doi:10.1007/978-3-662-63409-7. ISBN 978-3-662-63408-0.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)