Kalksponse
Die kalksponse (Calcarea) vorm 'n klas van die filum van sponsdiere (Porifera). Anno 2011 was daar 671 lewende spesies bekend, waarvan alle uitsluitlik in die see lewe.
Kalksponse | |
---|---|
"Calcispongiae" van Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904 | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Porifera |
Klas: | Calcarea Bowerbank, 1864 |
Subclasses | |
Kenmerke
wysigKalksponse is klein (selde hoër as 10 cm), weinig kleurig en onopvallend. Hul parenkiem bestaan uit kalsiumkarbonaat. Fossielondersoek het uitgewys dat kalksponse reeds in die Kambrium bestaan het.
Verspreiding en leefgebied
wysigHierdie spons kom wêreldwyd voor in vlak water in splete, onder riwwe, op seewier en in grotte.
Onderliggende taksonomie
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Lys van kalksponse.
Die kalksponse is tans verdeel in twee subklasse:
- Subklas Calcinea
- Subklas Calcaronea
- ↑ "Calcarea". Mindat. Hudson Institute of Mineralogy. Besoek op 3 Desember 2020.