Kankerbossie
Die Kankerbossie (Sutherlandia frutescens) - dit word ook gansies genoem - is 'n klein struik wat vanaf Julie tot Desember blom. Die plant, 'n vinnige groeier, benodig vol son en min water om te groei. Dit het 'n silwergrys loof, oranje pronkertjievormige blomme en pienkrooi peule. Die struik het baie medisinale gebruike.
Kankerbossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. frutescens
|
Binomiale naam | |
Sutherlandia frutescens |
Die kankerbossie het verskeie volksname, onder andere: blaasbossie, blaas-ertjie, eendjies, gansiekeurtjie, klappers en hoenderbelletjie.
-
Kankerbossie in Berlyn se botaniese tuin.
Bronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Sutherlandia frutescens. |
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- ↑ "Sutherlandia frutescens information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2011. Besoek op 3 Maart 2008.