Kanto (streek)
Onderdeel van | Groot Kanto |
---|---|
Inheemse etiket | 関東地方 |
Vernoem na | Kantō |
Land | Japan |
Geleë in administratiewe eenheid | Japan |
Geleë in tydsone | UTC+09:00, Japan Standaardtyd |
Geleë in geografiese gebied | Honsjoe |
Geografiese ligging | 36°10′0″N 139°47′0″E |
Grens aan | Tohoku streek, Chūbu streek |
Afgeleide werk | Kanto |
Voertaal | Kantō dialek |
Kategorie vir kaarte | Kategorie:Kaarte van Kantō streek |
Die Kantō streek (関東地方 Kantō-chihō?) is 'n geografiese streek van Honsjoe, die grootste eiland van Japan.[1]
In 'n algemene definisie sluit die streek die Groot-Tokio in en omvat sewe prefekture: Chiba, Gunma, Ibaraki, Kanagawa, Saitama, Tochigi, en Tokio. Effens meer as 45 persent van die grondgebied binne sy grense is die Kantō-vlakte. Die res bestaan uit die heuwels en berge wat landgrense vorm met ander streke van Japan.
Aangesien die Kantō-streek Tokio, die hoofstad en grootste stad van Japan, bevat, word die streek as die middelpunt van Japan se politiek en ekonomie beskou. Volgens die amptelike sensus op 1 Oktober 2010, deur die Statistieke Buro van Japan, was die bevolking 42,607,376,[2] beloop ongeveer een derde van die totale bevolking van Japan.
Verwysings
wysig- ↑ Nussbaum, Louis-Frédéric. (2005). "Kanto" in Japan Encyclopedia, pp. 478-479 op Google Boeke
- ↑ "政府統計の総合窓口". E-stat.go.jp. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2011. Besoek op 31 Desember 2012.
Bronne
wysig- Nussbaum, Louis-Frédéric and Käthe Roth. (2005). Japan encyclopedia. Cambridge: Harvard University Press. ISBN 978-0-674-01753-5; OCLC 58053128
- "Country study"
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kanto (streek).