Kaokogroendoring
Die Kaokogroendoring (Balanites angolensis) is 'n klein struikagtige boom wat inheems is in Angola, Botswana en Namibië. Die spesie het geelgroen blare.
Kaokogroendoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Zygophyllales |
Familie: | Zygophyllaceae |
Genus: | Balanites |
Spesie: | B. angolensis
|
Binomiale naam | |
Balanites angolensis (Welw.) Mildbr. & Schltr., (1913)
| |
Sinonieme | |
|
Die subspesie B. a. welwitschii word soms as 'n aparte spesie beskou (B. welwitschii). In die Okondjatu Communal Area van sentraal-oos Namibië blyk dat dit 'n blaaispesie is wat minder voorkeur onder die bokke geniet. Dit het 'n ruproteïeninhoud van slegs 90,0 [g/kg] terwyl voorkeurspesies soos Acacia mellifera en Grewia flavescens waardes het van 248,3 en 177,1 [g/kg].[1]
Sien ook
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- Plants of the World Online
- ↑ G.T. Kamupingene, A.L. Abate. "Nutritive value of goat diets in Okondjatu communal area of east-central Namibia". South African Journal of Animal Science. 34 (5).
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)