Karibadam
Die Karibadam is 'n dam in die Zambezirivier op die grens van Zambië en Zimbabwe. Die dam is gedurende 1959 voltooi nadat daar met die projek in 1955 begin is. Tydens voltooiing was die dam die grootste mensgemaakte meer ter wêreld.
Karibadam | |
---|---|
Die dam, soos vanaf Zimbabwe gesien.
| |
Amptelike naam | Karibadam |
Ligging | |
Provinsie/Land | Zambië, Zimbabwe |
Koördinate | 16°31′18″S 28°45′41″O / 16.52167°S 28.76139°O |
Dam in | Zambezirivier |
Konstruksie begin | 1955 |
Openingsdatum | 1959 |
Konstruksiekoste | VS$480 miljoen |
Eienaar | Zambezi River Authority |
Soort dam | Boog-gravitasiedam |
Hoogte van wal | 128 m (420 voet) |
Lengte van wal | 579 m (1 900 voet) |
Bakmaat | 180 km3 |
Reservoir | Karibameer |
Opvanggebied | 663 000 km2 |
Damoppervlak | 5 400 km2 |
Geïnstalleerde kapasiteit | 1 319 MW |
Jaarlikse opwekking | 6 400 GWh |
Die Meer
wysigDie meer se oppervlakte beslaan 5 200 km2 en is 280 km lank tot by Devil's Gorge en het 'n maksimum breedte van 48 km. Die meer het 'n opgaarvermoë van 180,6 km3.
Die wal
wysigDie wal se kruin is 579 m lank, 128 m hoog en die basis is 245 m dik. Daar is ses sluise in die wal en twee hidroëlektriese skemas wat gesamentlik 1 600MW lewer.
Algemeen
wysigDaar is 50 000 van die plaaslike bevolking hervestig tydens die projek omrede hulle wonings onder water was en 7 000 diere is hervestig tydens Operasie Noag. Tiervis is 'n gewilde sportvis en is 'n belangrike kommersiële vis in die Karibadam.
Watervaring
wysigDie watervaring (Salvinia molesta) is 'n indringerplant wat 'n plaag was op die meer en het gedurende sy hoogtepunt in 1962 22% van die opervlakte van die meer bedek. Dit was veral 'n groot bedreiging vir die visbedyf. Die plaag is gedurende 1980 finaal uitgewis deur 'n kombinasie van natuurlike winde en golf beweging en die bekendstelling van 'n onkruid vretende sprinkaan. Die water hiasint (Eichornia crassipes) het egter sedertdien ook 'n plaag geraak.
Dompelpoel probleem
wysigGedurende Maart 2010 is krake in die damwal opgemerk toe meer sluise as gewoonlik oopgemaak moes word. Na verdere ondersoek is daar vasgestel dat die dompelpoel onder die damwal tot 90 meter diep weggekalwe is en dat voortgesette erosie die poelwand terugsny na die damwal. Hierdie proses erodeer dus die fondament van die damwal. Die dompelpoel is die diep poel onder die damwal waarin die water beland as die sluise oopgemaak word. Om die proses te stop moet die dompelpoel opgevul en die fondasie herstel en versterk word. Die herstelwerk sal tot ses jaar duur en sal ongeveer R 2,7 miljard kos. Indien niks gedoen word nie kan die damwal binne drie jaar meegee. Daar word verwag dat die restourasie werk gedurende September 2014 sal begin.[1]
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Karibameer. Huisgenoot, 8 Februarie 2018.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kariba Dam. |
- Mensgemaakte wonders van Afrika. Dawid van Lill. ISBN 978-0-7993-4524-7
Verwysings
wysig- ↑ 'n Plan beraam om die dam te red. Rapport. 30 Maart 2014