Karwats
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Karwats is 'n tipe sweep wat van leer gemaak word. 'n Karwats word gewoonlik om 'n kort stok gevleg sodat dit 'n handvatsel aan die een kant en los tonge aan die teenoorgestelde kant vorm. Dit is algemeen gebruik om agter-trekdiere mee te dryf. Dit kan ook as 'n wapen gebruik word. Soms word harde voorwerpe soos klippe en bene in die tonge vasgeknoop wat ernstige letsels kan veroorsaak.