Kawanishi N1K
Die Kawanishi N1K was 'n Japannese vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig was aanvanklik ontwikkel as 'n vliegboot, die N1K1. Die N1K2 landvliegtuig is uit die vliegboot ontwikkel. Die vliegtuig is tydens die laaste jaar van die oorlog in diens gestel oor die hele Stille Oseaan-front. Produksie van die vliegtuig was in die wiele gery deur bomaanvalle van Boeing B-29 Superfortress-bomwerpers op die Japannese hoofeiland; tog is 1 400 gebou. Die vliegtuig kon meer as sy man staan teen die Geallieerdes se vegters.
Kawanishi N1K | |
---|---|
Tipe | Vliegboot en vegvliegtuig |
Vervaardiger | Kawanishi Aircraft Company |
Nooiensvlug | 1943 |
Status | Uit diens onttrek |
Hoofgebruiker | Japannese Vloot Lugmag |
Vervaardig | 1943 – 1945 |
Aantal gebou | 1 400 |
Beweegbaarheid van die vliegtuig was drasties verbeter deur outomatiese gevegsflappe aan die vlerke aan te bring wat meer drakrag tot gevolg gehad het. Die enigste swakheid van die vliegtuig was sy onvermoë om op werklike hoë hoogtes die B-29's te kan aanval.
Die eerste modelle het slegte uitsig gehad omrede die vlerke in die middel van die romp gemonteer was; as gevolg van die vliegtuig se vliegboot oorsprong. Dit het ook veroorsaak dat die onderstel onbetroubaar was. Toe die N1K2-J weergawe verskyn het was die uitsig en onderstel probleme opgelos omrede die vlerke tot onder die romp laat sak is. Hierdie prototipe het in Desember 1943 sy nooiensvlug voltooi. Die N1K2-J kon in die helfte van die tyd van die vorige modelle gebou word.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Nakajima NK9H Homare 21 stermotor |
Kraglewering per motor | 1 990 perdekrag |
Vlerkspan | 12,0 m |
Lengte | 9,35 m |
Hoogte | 3,96 m |
Vlerkoppervlakte | 23,5 m2 |
Maks. opstygmassa | 4 860 kg |
Maksimumsnelheid | 595 km/h |
Operasionele hoogte | 10 760 m |
Togafstand | 2 335 km |
Klimvermoë | 1 000 m per minuut |
Bewapening | Vier 20,00 mm kanonne in vlerke twee 250 kg bomme onder die vlerke |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9