Kasaks
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kasakke.
Kasaks (қазақша, قازاقشا, qazaqsha, [qɑzɑqˈɕɑ] of қазақ тілі, قازاق تئلئ, qazaq tili, [qɑˈzɑq tɪˈlɪ]) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 13 miljoen mense in Kasakstan, die Volksrepubliek China, Mongolië, Afghanistan, Tadjikistan, Turkye, Turkmenistan, Oekraïne, Oesbekistan, Rusland en Iran gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies asook die vierde mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans en Oesbekies. Kasaks is die amptelike taal van die Republiek Kasakstan en verwant aan Kirgisies en Karakalpaks.
Kasaks қазақша, قازاقشا, qazaqsha, [qɑzɑqˈɕɑ] of қазақ тілі, قازاق تئلئ, qazaq tili | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [qɑzɑqˈɕɑ] of [qɑˈzɑq tɪˈlɪ] | |
Gepraat in: | Kasakstan Volksrepubliek China Mongolië Afghanistan Tadjikistan Turkye Turkmenistan Oekraïne Oesbekistan Rusland Iran | |
Gebied: | Sentraal-Asië | |
Totale sprekers: | 13 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Altaïes Turkies Kipchak Kipchak-Nogay Kasaks | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Cyrilliese alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Kasakstan | |
Gereguleer deur: | Kasakse taalagentskap | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | kk
| |
ISO 639-2: | kaz
| |
ISO 639-3: | kaz
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kasaks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Na die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kasaks en Kirgisies het 'n kommissie 'n gemeenskaplike alfabet uitgewerk.[2]
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kazakh" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 25 Januarie 2019.
- ↑ (ru) Президент Турции Гюль в Астане уговаривает Н.Назарбаева перейти на латинский алфавит Geargiveer 3 September 2009 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kasaks.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Kasaks.
- (en) "Kazak language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.