Khorixas is 'n dorp van 6000 inwoners in die suide van die Kunenestreek van Namibië. Dit was voorheen die hoofstad van Damaraland tuisland voor Namibië se onafhanklikheid.[2] Die meeste van die inwoners is van die Damara- etniese groep. Die dorp is geleë naby 'n belangrike deposito van versteende hout en die Twyfelfonteinvallei, bekend vir sy rotskuns.

Khorixas
Lugbeeld van Khorixas (2018)
Lugbeeld van Khorixas (2018)
Khorixas is in Namibia
Khorixas
Khorixas
Koördinate: 20°22′00″S 14°58′00″O / 20.36667°S 14.96667°O / -20.36667; 14.96667
LandVlag van Namibië Namibië
StreekKunene
Regering
 • BurgemeesterTrypohasa Moloto[1]
Hoogte
1 200 m (3 900 ft)
Bevolking
 • Totaal6 796
TydsoneUTC+2 (SAST)

Ekonomie en infrastruktuur

wysig
 
Khorixas landingstrook en die C39 (2018)

Die plaaslike hospitaal en 'n paar ander plaaslike kantore is nog steeds in Khorixas geleë, al is die hoofstad van die Kunenestreek nou in Opuwo. Daar is ses skole en een tak van die Universiteit van Namibië (UNAM) in Khorixas.

Khorixas ly aan 'n gebrek van ekonomiese ontwikkeling en werkgeleenthede, wat lei tot frustrasie en uiterlike migrasie onder baie van die dorp se jeug.[3] Die werkloosheidsyfer in die dorp is sowat 70%. Donkerhoek, die dorp se informele nedersetting, het nie water of elektrisiteit nie.

Khorixas het 'n landing strook nege kilometer oos van die dorp parallel met die hoofpad C39. Die aanloopbaan getalle is 09/27 en die hoogte bo seevlak is 3320 voet.

Verwysings

wysig
  1. Miyanicwe, Clemans (28 November 2012). "Khorixas elects young mayor". The Namibian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2013.
  2. Khorixas Journal; For Apartheid's Castaways, Heartbreak in Desert The New York Times, July 7, 1989
  3. Khorixas: A town on a downward spiral The Namibian, 10 August 2009