Kidada Jones
Kidada Jones (gebore 22 Maart 1974) is 'n Amerikaanse aktrise, model, en mode ontwerper. Sy werk as ontwerper vir die Walt Disney Company, en het 'n lyn daar bekend as "Kidada for Disney Couture". Jones is 'n dogter van platevervaardiger Quincy Jones en aktriese Peggy Lipton.
Kidada Jones | |
Geboortenaam | Kidada Ann Jones |
---|---|
Geboorte | 22 Maart 1974 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Ouers | |
Beroep(e) | Aktrise, model, en mode ontwerper |
Aktiewe jare | 1994–hede |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
As 'n aktrise is sy bekend vir haar rolle in die rolprente Black & White (1999), Thicker Than Water (1999), Empire (2002), en Proud (2004).
Persoonlike lewe
wysigJones het van 1992 tot 1994 met rapper en akteur LL Cool J uitgegaan.[1] In sy outobiografie, I Make My Own Rules, het LL Cool J gesê dat hy hul verhouding beëindig het omdat hulle "nie dieselfde dinge geglo het nie".[2] “Sy het ’n ghoeroe en standbeelde geprys, en ek loof God,” het hy gesê.[2]
Jones het in 1996 met die rapper en akteur Tupac Shakur uitgegaan.[3] Hulle het vir vier maande saam gewoon tot sy dood.[4] Sy was in hul hotelkamer in Las Vegas toe hy op 7 September 1996 geskiet is,[3] en sy was saam met Shakur by die hospitaal toe hy ses dae later aan sy beserings dood is.[5]
In 1999 het Jones met die akteur Leonardo DiCaprio uitgegaan.[6] She was married to actor Jeffrey Nash from 2003 until 2006.[7]
Jones het 'n hegte vriendskap gehad met die sanger en aktrise Aaliyah wat sy ontmoet het terwyl sy modelwerk vir Tommy Hilfiger gedoen.[8][9] Hulle het vriende gebly tot Aaliyah se dood in Augustus 2001.
Filmografie
wysigRolprente
wysig- 1999: Black & White
- 1999: Thicker Than Water
- 2002: Empire
- 2004: Proud
Verwysings
wysig- ↑ Goldman, Andrew (21 September 2012). "The Pop Diplomacy of Quincy Jones". The New York Times. Besoek op 26 April 2013.
- ↑ 2,0 2,1 LL Cool J (1997). I Make My Own Rules. New York, NY : St. Martin's Press. pp. 153–154. ISBN 978-0-312-17110-0.
- ↑ 3,0 3,1 Anson, Robert Sam (Maart 1997). "To Die Like A Gangsta". Vanity Fair (in Engels). Besoek op 12 Julie 2018.
- ↑ Jones, Quincy (2001). Q : the autobiography of Quincy Jones. Internet Archive. New York : Doubleday. p. 249. ISBN 978-0-385-48896-9.
- ↑ "Kurupt, Kevin Powell Relive Hearing Tupac Might Die". Death Row Chronicles. BET Network. 22 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2021. Besoek op 12 Julie 2018.
- ↑ LaCroix, Emy (19 Mei 2023). "Quincy Jones' 7 Children: Everything to Know". People. Besoek op 16 Junie 2023.
- ↑ Heyman, Marshall Heyman (Augustus 2008). "Not Kidding Around; Designer Kidada Jones has found fulfillment in an unlikely role: making Disney cool for grown-ups". W Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2008. Besoek op 3 September 2013.
- ↑ Iandoli, Kathy (2021). Baby Girl: Better Known as Aaliyah (in Engels). Simon and Schuster. p. 98. ISBN 978-1-9821-5684-8.
- ↑ "Aaliyah met her best friend Kidada Jones while they were modelling for Tommy Hilfiger". Capital XTRA (in Engels). Besoek op 15 Junie 2022.