Kimbundu
Kimbundu, ook Noord-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Umbundu of Suid-Mbundu). Dit is die tweede mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 1,7 miljoen moedertaalsprekers (8% van die bevolking[4]) en word hoofsaaklik deur die Ambundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.
Kimbundu | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 1,7 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Kimbundu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Angola (nasionale taal)[2][3] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | kmb
| |
ISO 639-3: | kmb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kimbundu word veral in die noorde van Angola oos van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Bengo, Cuanza Norte, Malanje en die noorde van Cuanza Sul versprei. Kimbundu is met Umbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Kimbundu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2019. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ (en) Angola Constitution and Citizenship Laws Handbook: Strategic Information and Basic Laws. USA International Business Publications. 4 April 2013. ISBN 978-1-4387-7839-6. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ "Angola" (in Frans). Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2019. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ "Angola". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 18 Januarie 2019.