Umbundu
Umbundu, ook Suid-Mbundu genoem, is een van Bantoetale wat Mbundu genoem word (die ander is Kimbundu of Noord-Mbundu). Dit is die mees verspreide inheemse taal van Angola met sowat 6 miljoen moedertaalsprekers (23% van die bevolking[4]) en word hoofsaaklik deur die Ovimbundu-volk gepraat. In Angola word dit as een van ses nasionale tale erken, naas die amptelike taal Portugees.
Umbundu Úmbúndú | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola | |
Gebied: | Kongorivier | |
Totale sprekers: | 6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Umbundu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Angola (nasionale taal)[2][3] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | umb
| |
ISO 639-3: | umb
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Umbundu word veral in die sentrale weste van Angola suid van die hoofstad Luanda gebesig. Dit is in die provinsies Huambo, Bié en Benguela versprei. Umbundu is met Kimbundu verwant, maar hulle is nie onderling verstaanbaar nie.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Umbundu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ (en) Angola Constitution and Citizenship Laws Handbook: Strategic Information and Basic Laws. USA International Business Publications. 4 April 2013. ISBN 978-1-4387-7839-6. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ "Angola" (in Frans). Universiteit van Laval. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2019. Besoek op 18 Januarie 2019.
- ↑ "Angola". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 18 Januarie 2019.