Klas 25NC-stoomlokomotief
Die Suid-Afrikaanse Klas 25NC 4-8-4 van 1953 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë era.
Nommer 3410 by Sannaspos, Vrystaat, 4 Julie 1999 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | North British Locomotive Company Henschel & Son[1] |
Serienommer | 3401-3410: NBL 27287-27296
3411: NBL 27311: 3412-3450: Henschel 28731-28769[2] 3452-3540: NBL 27312-27400 [3] |
Klas | Klas 25NC |
Vervaardig | 1953[4] |
Aantal gebou | 50 |
Herbouer | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Herboudatum | 1973-1980 |
Aantal herbou | 87 van Klas 25 na Klas 25NC |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-4 "Northern" |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1.067 m) |
Voorwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 520 mm (60 dm) |
Agterwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Wielbasis | Totaal: 24.808 m Enjin: 11.582 m Tender: 9.754 m |
Lengte | 32.768 m |
Hoogte | 3.962 m |
Raamwerk | Gietstaal |
Asbelasting | 19.0 t op die 2de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 75.4 t |
Lokomotiefmassa | 105.0 t (231,400 lb) leeg 119.3 t met vrag |
Tendermassa | 44.1 t (97,300 lb) leeg 107.2 t met vrag |
Gesamentlike massa | 149.1 t leeg 226.6 met vrag |
Tendertipe | EW1 - EW2 omgeboude CZ toegelaat * 3-as boegies * 864 mm wiele * Lengte 13.068 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 18.3 t |
Waterkapasiteit | 48 000 ℓ |
Stoomketel | 1.934 m binnediameter 5.791 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 550 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 6.503 m2 |
158 buise met 63.5 mm omtrek 40 buise met 140 mm omtrek Totaal van 284.190 | |
– Vuurkas | 27.313 m2 |
314.941 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 58.529 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 610 mm (24 dm) boor 711 mm (28 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 201.8 kN (45,360 lbk) teen 75% keteldruk |
Lokomotiefremme | Vakuum |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 50 |
Vlootnommer(s) | 3401-3450 |
Bynaam | Worshond |
Afleweringsdatum | 1953-1954 |
Eerste tog | 1953 |
Tussen 1953 en 1955 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë vyftig Klas 25NC stoomlokomotiewe met 'n 4-8-4 "Northern"-tipe wieluitleg in diens geplaas. Die Klas 25NC is die nie-kondenseerweergawe van die Klas 25 kondenseerlokomotief, waarvan negentig in diens geplaas is gedurende dieselfde tyd. Tussen 1973 en 1980 is almal, behalwe drie, van die negentig Klas 25-kondenseerlokomotiewe omgeskakel na nie-kondenseerlokomotiewe en ook geklassifiseer as Klas 25NC.
Ombouing vanaf Klas 25
wysigAs gevolg van die baie en moeilike instandhoudingsvereistes van die kondenseerders was al die Klas 25-lokomotiewe behalwe drie se kondenseerders verwyder. Hulle is hergeklassifiseer as Klas 25NC. Daar is 'n watertenk in die plek van die kondenseerder op die kolewa gebou. Terselfdertyd is nog 50 Klas 25NC-lokomotiewe bestel by North British Locomotive Company en 39 by Henschel.
Verwysings
wysig- ↑ Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 110. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ Henschel & Son works list
- ↑ North British Locomotive Company works list
- ↑ Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2. pp. 10–11, 77–78.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas-25NC.