Klas 35-000-diesellokomotief
Die Suid-Afrikaanse Klas 35-000 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op sylyne in Suid-Afrika gebruik word. Dit is 'n Co-Co (twee drie-as draaistelle met 'n elektriese motor elk per as) ontwerp. Die 35-000 en 35-400 reekse is deur General Electric gebou tussen 1972 en 1976. Die eerste reeks is ingevoer en die laaste reeks in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met 'n vierslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjin wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.
No. 35-020 in Transnet Freight Rail kleure, Saldanha, 10 Februarie 2013 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Diesel-elektries |
Ontwerper | General Electric |
Vervaardiger | General Electric |
Serienommer | 38161-38210, 38724-38743 [1] |
Model | GE U15C |
Klas | Klas 35-000 |
Vervaardig | 1972-1973 |
Aantal gebou | 70 |
Bouspesifikasies | |
AAR wieluitleg | C+C |
UIC wielklassifikasie | Co'Co' gekoppelde draaistelle |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Wielbasis | 3.188 m per bogie |
Lengte | 15.152 m |
Breedte | 2753 mm |
Hoogte | 3874 mm |
Asbelasting | 18 850 kg |
Lokomotiefmassa | 111 000 kg gem. 113 100 kg maksimum |
Aandrywing | |
Brandstof | Diesel |
Brandstofkapasiteit | 2700 ℓ |
Primêre aandrywing | GE 7FDL-8 vierslag V8 |
Enjin o.p.m. | 385 opm luier 450 opm vinnige luier 1050 opm maksimum |
Enjintipe | Diesel |
Belugting | Elliott H-584 turboaanjaer |
Verplasing | 10.570 ℓ per silinder |
Alternator | GS 10 pool GE 5GT-581C15 |
Traksiemotors | Ses GE 5GE-764-C1 GS 4-pool * 655A 1 uur * 645A aanhoudend teen 17 km/h |
Transmissie | 90/17 ratverhouding |
Veelvuldige werking | 4 maksimum |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 100 km/h |
Kraglewering | 1230 kW wegtrek 1160 kW aanhoudend |
Trekkrag | 201 kN wegtrek 161 kN teen 21 km/h |
Hegfaktor | 25% wegtrek 20% aanhoudend |
Lokomotiefremme | lugremme, 28-LAV-1 |
740 ℓ hoofreservoir Kompressorkapasiteit: 0.033 m3/s Uitlaatkapasiteit teen hoë luierspoed: 0.130 m3/s | |
Lokoremkrag | 60% verhouding teen 345 kPa remsilinderdruk |
Veiligheidstelsels | waakbeheer |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Spoornet Transnet Freight Rail Zambia Railways |
Aantal in klas | 70 |
Vlootnommer(s) | 35-001 tot 35-070 |
Afleweringsdatum | 1972-1973 |
Eerste tog | 1972 [2] |
Tussen Maart 1972 en Mei 1973 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë sewentig Klas 35-000 General Electric tipe U15C lokomotiewe in taklyndiens geplaas.[1][2]
Die 35-200 en 35-600 reekse is deur General Motors (EMD) tussen 1974 en 1976 gebou. Die eerste 25 is ingevoer en die res in Suid-Afrika gebou. Hulle is toegerus met tweeslag-V8-turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjins wat 'n gelykstroomgenerator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geïnstalleer is.
Al die lokomotiewe in die klas beskik oor dinamiese remme.
-
SAR No. 35-031 in 'n werkswinkel te Bloemfontein, 7 April 2006
-
SAR No. 35-066 op Biesiesfontein-plaas naby Moorreesburg, 9 Junie 2007
-
SAR No. 35-067 in Stikland, Kaapstad, 22 Maart 2007
-
SAR No. 35-060 in Bellville, Kaapstad, 26 April 2009
-
SAR No. 35-016 in Worcester, Wes-Kaap, 13 April 2006
-
SAR No. 35-027 in Biesiesfontein, Moorreesburg, 9 Junie 2007
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suid-Afrikaanse Klas 35-000.