Klas 4E-lokomotief
Klas 4E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n 1-Co-Co-1 (Co-Co: twee drie-wiel draaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief is gesamentlik deur General Electric van Manchester en North British Locomotive Company van Glasgow gebou. Daar is 40 van die lokomotiewe afgelewer van 1952 tot 1954.
SAR no. E238, Soutrivier, Kaapstad, 7 Januarie 1966 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | General Electric Company |
Vervaardiger | North British Locomotive Co. |
Serienommer | 26859-26898 [1] |
Model | GEC 4E[2] |
Klas | Klas 4E |
Vervaardig | 1952-1953 |
Aantal gebou | 40 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | 1Co+Co1 |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 6.833 m |
Voorwielomtrek | 792 mm |
Wielbasis | 18,390 m |
Lengte | 21,844 m |
Hoogte | 3,924 m pantograwe neer |
Asbelasting | 13 209 kg per ponie-as 21 845 kg per trekas |
Lokomotiefmassa | 157 488 kg |
Kragverkryging | pantograwe |
Traksiemotors | Ses GEC WT580 |
Transmissie | 21/75 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 97 km/h |
Kraglewering | Per motor: 377 kW 1 uur 313 kW deurlopend Totaal: 2262 kW 1 uur 1878 kW deurlopend |
Trekkrag | 322 kN wegtrek 185 kN 1 uur 141 kN deurlopend |
Lokomotiefremme | Heropwekkingremme |
Lug & vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Kragklas | 3 kV GS |
Aantal in klas | 40 |
Vlootnommer(s) | E219-E258 [3] |
Bynaam | Groen Mamba |
Plek gebruik | Tussen Worcester en Touwsrivier |
Afleweringsdatum | 1952-1954 |
Eerste tog | 1952 |
Die lokomotief is uniek omrede dit 'n stel wiele voor die draaistelle het. Hulle is ontwerp om op die trajek tussen Worcester en Touwsrivier diens te doen.
Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom en het 'n maksimum deurlopende uitset van 1 878 kW. Hulle is lank reeds uit diens onttrek.
Galery
wysig-
No. E237 in die Soutrivier-werkswinkel, Kaapstad, 7 Januarie 1966
-
No. E258 in Bloemfontein, 18 September 2015
-
No. E219 in die Millsite-werkswinkel, 14 Desember 2010
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 4E-lokomotief.
Verwysings
wysig- ↑ North British Locomotive Co. werkelys
- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 126–127.
- ↑ South African Railways Index and Diagrams: Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975, soos gewysig