Klas GG Garratt-stoomlokomotief
Die Klas GG Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is met 'n uitleg van 2-6-2+2-6-2. Dit was die enigste Garratt-stoomlokomotief wat ontwerp was om diens te doen op passasiersdienste en wel op die Union Limited- en Union Express-lyne.
Klas GG no. 2290 in Kaapstad, ongeveer 1930 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Beyer, Peacock and Company |
Vervaardiger | Beyer, Peacock and Company |
Serienommer | 6232 [1] |
Model | Klas GG |
Klas | Klas GG |
Vervaardig | 1925 |
Aantal gebou | 1 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-2+2-6-2 "Dubbel Prairie" Garratt |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1.067 m) |
Voorwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 450 mm (57 dm) |
Agterwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Wielbasis | Totaal: 20.523 m Enjins: 3.048 m gekoppel 6.515 m totaal |
Lengte | 22.625 m |
Hoogte | 3.948 m |
Raamwerk | Plaatraam, 10.770 m tussen spilpunte |
Asbelasting | 16.5 t op die 4de drywer |
Massa op dryfwiele | 96.0 t |
Lokomotiefmassa | 106.6 t leeg 150.1 t gelaai |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10.2 t |
Waterkapasiteit | 16 000 ℓ (3 500 gelling) voor 5 000 ℓ (1 100 gelling) agter |
Stoomketel | 2.057 m binnediameter 3.572 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 4.831 m2 |
288 buise van 50.8 mm 36 buise van 140 mm | |
2.137 m2 | |
– Buise en pype | 220.552 m2 |
– Vuurkas | 19.974 m2 |
240.526 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 33.631 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 457 mm (18 dm) boor 660 mm (26 dm) slag[2][3] |
Klepwerk | Walschaerts [4] |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 92 km/h |
Trekkrag | 177 kN (39 900 lbk) teen 75% stoomdruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 1 |
Vlootnommer(s) | 2290 |
Afleweringsdatum | 1925 |
Eerste tog | 1925 |
Onttrekkingsdatum | 1947 |
Vervaardiger
wysigBeyer, Peacock het een lokomotief, nommer 2290, afgelewer in 1925. Die lokomotief het 'n plaatraam gehad, 'n Belpaire vuurkas, toegerus met Walschaerts-klepratwerk en gebruik oorverhitte stoom. Dit kon die maksimum wettige spoed van die SAS&H van 55 m.p.u. bereik maar aangesien dit slegs twee voorwiele gehad het (vier was die norm) was dit wankelrig teen hoë snelhede en is in 1947 onttrek.
Die Klas GG 2-6-2+2-6-2 Dubbel Prairie-tipe Garrattlokomotief was 'n ontwikkeling uit die Klas GB, wat ontwerp is vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë met groot dryfwiele vir vinnige passasiersdiens op hooflynroetes.
Eienskappe
wysigOm koste laag te hou, is die silinders nie vergroot om te vergoed vir die vergrote wieldeursnee nie, met die gevolg dat sy trekkrag swakker was as dié van die Klas 15CA wat 'n jaar later in gebruik gestel is op dieselfde lyn.
Die Garratt kon egter 'n vrag van 1 265 ton teen 'n 1 in 80 helling baasraak, en kon 345 ton binne slegs 62 minute uittrek teen die 1 in 40 helling van die Hexrivier-spoorwegpas (24 km) sonder die hulp van 'n stootlokomotief.[2]
-
No. 2290 soos afgelewer, ongeveer 1925
Verwysings
wysig- ↑ Hamilton, Gavin N., The Garratt Locomotive – Garratt Locomotives produced by Beyer, Peacock. URL besoek op 10 November 2012
- ↑ 2,0 2,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910–1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 103–105. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. ISBN 0869772112. pp. 92-93
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas GG Garratt-stoomlokomotief.