Klas MG Mallet-stoomlokomotief
Die Klas MG Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë. Daar was slegs een lokomotief van die klas gebou deur die American Locomotive Company in 1911. Hierdie lokomotief is gebaseer op Klas MF maar het verskeie eksperimentele modifikasies. Dit was nie superverhit nie. Die voorste stel dryfwiele het 'n deursnee van 4-voet 3-duim gehad en die agterste 'n deursnee van 3-voet 10-duim. Beide stelle dryfwiele was toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Daar was gehoop dat so 'n konfigurasie beter versnelling tot gevolg sal hê en ook dat die stoom vloei sal verbeter as gevolg van die verskil in frekwensie van die uitlaatslagte. Hierdie was die enigste ge-artikuleerde lokomotief in Suid-Afrika waarvan die dryfwiele verskillende groottes gehad het. Dit was ook die eerste lokomotief wat met 'n meganiese stoker toegerus was maar dié is later verwyder. Die lokomotief is in 1927 uit diens onttrek.
-
SAR No. 1628 om en by 1920
SAR Klas MG no. 1628, voorheen no. 1024 in 1912 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Central South African Railways |
Vervaardiger | American Locomotive Company |
Serienommer | 49124 |
Klas | SAR Klas MG |
Vervaardig | 1911 |
Aantal gebou | 1 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 2-6-6-2 Mallet |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1,067 mm) |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 1⁄2 dm) |
Dryfwielomtrek | 1,300 mm (51 dm) voorstel 1,170 mm (46 dm) agterstel |
Agterwielomtrek | 724 mm (28 1⁄2 dm) |
Min. draaisirkel | 84 m |
Wielbasis | Totaal: 20.345 m Enjin: 2.794 m voorstel 2.540 m agterstel 12.649 m totaal Tender: 1.397 m boegie 5.461 m totaal |
Lengte | 22.816 m |
Hoogte | 3.934 m |
Raamwerk | Staafraam |
Asbelasting | 15.4 t op die 6de drywer |
Massa op dryfwiele | 89.8 t |
Lokomotiefmassa | 104.8 t |
Tendermassa | 51.2 t |
Gesamentlike massa | 156.4 t |
Tendertipe | 2 asboegie 864 mm wiele |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Vuurroosteroppervlak | 4.599 m2 |
269 buise van 57.1 mm diameter, in totaal 299.426 m2 | |
– Vuurkas | 14.911 m2 |
314.337 m2 | |
Oorverhittersoort | Geen |
Silinders | Vier |
Hoëdruk- silindergrootte |
457 mm boor, 660 mm slag |
Laedruk- silindergrootte |
724 mm boor, 711 mm slag |
Klepwerk | Walschaerts[1] |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 201 kN teen 50% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Central South African Railways Suid-Afrikaanse Spoorweë[2] |
Aantal in klas | 1 |
Vlootnommer(s) | CSAR 1024, SAR 1628[2][3] |
Afleweringsdatum | 1911 |
Eerste tog | 1911 |
Onttrekkingsdatum | 1927 |
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas MG Mallet-stoomlokomotief.
Verwysings
wysig- ↑ Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways. pp. 86-87. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- ↑ 2,0 2,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 16-18. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ Klassifikasie van S.A.S. lokomotiewe met hernommeringslyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 9, 12, 16, 47