Klein losstertvlermuis
Die Klein losstertvlermuis (Chaerephon pumilus) kom voor in die Wes-Kaap, Krugerwildtuin, Mosambiek en die Okavango Delta.
Klein losstertvlermuis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. pumilus
|
Binomiale naam | |
Chaerephon pumilus (Cretzschmar, 1826)
|
Voorkoms
wysigDie kleur wissel van swartgrys tot bruingrys terwyl die keel bruin en die onderkant geelgrys is. Om die nek is 'n kraag met ligter hare. Die soogdier word tot 9cm lank en weeg ±11g.
Habitat en gewoontes
wysigHulle het verskeie habitats in die oop gebiede en eet klein vlieënde insekte. Die diertjies vorm groot kolonies en rus in klein groepies in rotsskeure of teen steenwerk. Een kleintjie word in die somer gebore (tot drie siklusse per seisoen).
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5