Kleinkoprosettolbos
Die kleinkoprosettolbos (Leucadendron sessile) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Witsenberg, Elandskloof tot Slanghoekberge, Hottentots-Hollandberge vanaf Jonkershoekberge tot by Kogelberg. Die struik word 1.5 m hoog en dra blomme in Julie tot Augustus.
Kleinkoprosettolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. sessile
|
Binomiale naam | |
Leucadendron sessile R.Br., (1810)
| |
Sinonieme | |
|
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en word vrygelaat na twee maande wanneer dit ryp is en na die grond val. Knaagdiere versprei die sade. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Klein torre doen die bestuiwing. Die plant groei hoofsaaklik in granietkleigrond op berghellings op hoogtes van 10-600 m.
In Engels staan dit as die Western Sunbush bekend.
Galery
wysigBronnelys
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kleinkoprosettolbos.