Kleinperdepram
Die kleinperdepram (Zanthoxylum capense) – voorheen Fagara capensis – is 'n klein boompie wat vertak en in 'n verskeidenheid habitats voorkom. In Engels staan die boom bekend as Small knobwood. Die boom staan ook bekend as die kleinknophout. Die spesie is ook inheems in Eswatini, Mosambiek en Zimbabwe.
Kleinperdepram | |
---|---|
'n Kleinperdepram in die Waterberg. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae |
Genus: | Zanthoxylum |
Spesie: | Z. capense
|
Binomiale naam | |
Zanthoxylum capense | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 253.[1] In die Krugerwildtuin is dit sover slegs gevind rondom Pretoriuskop en in die Punda Maria-sandveld.[2] Die blare het 'n sitrusreuk soos dié van suurlemoen- en lemoenbome.
Galery
wysig-
Uitgroeisels aan die stam is kenmerkend van die genus.
-
'n Ryp vrug
-
Loof
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 103. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
- REDLIST Sanbi
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kleinperdepram.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kleinperdepram