Kliplikkewaan
Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is 'n likkewaan wat voorkom oor feitlik die hele Suid-Afrika met die uitsondering van die westelike gedeeltes. Die reptiel leef in ruigtes, boomveld en koppies.
Kliplikkewaan | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Subgenus: | V. (Polydaedalus)
|
Spesie: | V. albigularis
|
Binomiale naam | |
Varanus albigularis |
Voorkoms
wysigDie likkewaan word 100 – 150 cm lank en weeg 12 – 15 kg; dit is 'n massiewe droëgrondakkedis met 'n geronde snoet. Die volwasse likkewaan se rugkant is grysbruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Die onvolwasse likkewaan is helderder van kleur.
Een van sy natuurlike vyande is die breëkoparend.
Bron
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
Verwysings
wysig- ↑ Daudin, F. M. (1802). Histoire Naturelle, génerale et particulièredes reptiles, ouvrage faisant suite, a l'histoiure naturelle, générale et particulière composée par LECLERC DE BUFFON, et redigée par C. S. SONNINI, vol. 3. F. Dufart, Paris.
- ↑ "Varanus albigularis". Integrated Taxonomic Information System. Besoek op 22 Augustus 2008.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kliplikkewaan.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kliplikkewaan