Knysna-dwergverkleurmannetjie
verkleurmannetjie wat voorkom in die Knysna-omgewing se digte woude
Die Knysna-dwergverkleurmannetjie (Bradypodion damaranum) is 'n verkleurmannetjie wat voorkom in die Knysna-omgewing se digte woude. 'n Kenmerk van die verkleurmannetjie is dat sy stert langer as die lyf is. Die wyfie word tot 'n maksimum van 18 cm lank en die mannetjies 16 cm. Die reptiel het 'n baie prominente helm (boggel op die nek) en is gewoonlik heldergroen van kleur met skakerings van pers, geel en pienk. Hulle is ovovivipaar.
Knysna-dwergverkleurmannetjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. damaranum
|
Binomiale naam | |
Bradypodion damaranum (Boulenger, 1887)
|
Verwysings
wysigBronne
wysig- Knysna-bos se helder, unieke trapsuutjies. Beeld. 19 September 2015.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Knysna-dwergverkleurmannetjie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Knysna-dwergverkleurmannetjie
- "Verkleurmannetjies". Mieliestronk.
{{cite web}}
:|archive-url=
requires|archive-date=
(hulp)