Kogelbergvaalstompie
Spesie van die stompies
Die Kogelbergvaalstompie (Mimetes arboreus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom slegs op die Kogelberg voor. Die struik is groot en word 2 tot 6 m hoog.
Kogelbergvaalstompie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Mimetes |
Spesie: | M. arboreus
|
Binomiale naam | |
Mimetes arboreus Rourke, (1982)
|
In Engels staan dit as die Kogelberg Pagoda bekend. Die boom se FSA-nommer is 72.1[1].